Oukersaand vir ‘n kind- Koos du Plessis

Oukersaand vir ‘n  kind‑

vir jou my meisie‑

is ‘n grafie en ‘n besempie

in kleurpapier gebind

met stukkies reënbooglint;

‘n blokkie sjokelade

en ‘n wêreld sonder wind

waarin kersies vroom en vier

brand op kaartjies teen ‘n muur

en liggies aan ‘n boompie blom

solank die donker duur

Maar Oukersaand is ou kerse

in die aand, en in die wind;

ou, flikkerende kerse

en, my kind:

kersboompies wat nie blom nie,

‘n Kersvader wat nie kom nie…

Mag hierdie Kersfees vir jou en jou geliefdes baie meer wees as die bling van die malls!

1 thoughts on “Oukersaand vir ‘n kind- Koos du Plessis

Lewer kommentaar op Bileam se Donkie Kanselleer antwoord